♣ VAKVERANDERINGS

VAKVERANDERINGS

  • Vakveranderinge sal vir graad 10 en 11 slegs aan die begin van die tweede kwartaal gedoen word..
  • Leerders wat uit eie keuse of op grond van ‘n aanbeveling deur ‘n opvoeder ’n vakverandering wil maak, moet ’n afspraak met die Departementshoof: Opvoedkundige Leiding maak.
  • As daar na die gesprek besluit word dat ’n vakverandering die aangewese stap is, moet die leerder ’n toestemmingsbrief van sy ouer/voog by die Departementshoof Opvoedkundige Leiding inhandig.
  • Die leerder moet dié brief, voor inhandiging, deur die betrokke vakonderwyser(s)  laat teken.
  • Die vakonderwyser mag versoek dat die leerder ’n toelatingstoets skryf.
  • Dit is die ouers of voogde en leerder se verantwoordelikheid om seker te maak dat die leerder na die vakverandering oor universiteit-vrystelling beskik, indien die leerder na skool aan ’n universiteit wil gaan studeer.
  • Die briewe moet dan aan die Adjunkprinsipaal Akademie oorhandig word wat die nodige rooster skuiwe sal doen.
  • Dit is die leerder se verantwoordelikheid om agterstallige werk(dit sluit alle toetse, eksamens en portefeulje -werkstukke  in te haal.
  • Die verandering tree in werking sodra die leerder alle werk ingehaal het en ’n nuwe rooster ontvang het.
  • Geen vakveranderinge word na 30 April van die betrokke jaar aanvaar nie. Slegs departementele aanbevelings sal in hoogs uitsonderlike gevalle oorweeg word.

Leave a Reply