LANDLOOP

#OVIESLANDLOOP

Die Ovie-landlopers sweet saam en ondersteun mekaar op ‘n besondere manier terwyl hulle fiks word.

LANDLOOP

Landloop bied ‘n uitstekende geleentheid vir deelname aan ‘n sportsoort. 

Die vasberadenheid en getrouheid by oefeninge is waardes wat kenmerkend is by die groep atlete. 

Die landloopatlete neem in die voorseisoen aan die AGN liga’s deel. Gedurende die skole seisoen neem Overkuin aan al die Gauteng Noord Hoërskole liga’s deel. 

Die landloopafrigters het ‘n liefde vir die sport en vir menswees en fokus daarop om jongmense deur deelname toe te rus met vaardighede om ‘n uitmergelende wedloop te voltooi.

Die Ovie-landlopers word egter ook gelei om met elke moeilike wedloop die vaardigheid te ontwikkel om terugslae, teleurstellings en vreugdes in die wedloop van die lewe te hanteer.

VIR MEER INFO: 

* FOTO’S (’88+) * TYDTOETSE (’90 – ’22) 

GALLERY

ORGANISERING

Me. M van Deventer

Organiseerder

mvandeventer@overkruin.com

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep