Read all the news in English : 2018


VALENTYNSDAG

Die Ovies het Valentynsdag met ‘n spesiale bederf aan die meisies deur die seuns gevier. Daar was baie rooi harte en hope vreugde! Jacques Mouton het ons vermaak met sy mooi stem en ongelooflike kitaartalent. Ons fotohokkie was ook ‘n reuse sukses. Dankie aan almal betrokke en teenwoordig vir ‘n baie spesiale dag – liefde in oorvloed.

https://www.facebook.com/overkruin/posts/1535723593141603

REDENAARS

Baie geluk aan elke wenner van die junior en senior interne redenaars wat gisteraand plaasgevind het. Spesiale vermelding word ook gemaak van elke deelnemer. Trotse Ovies kan hulle sê, sê!

  • Graad 8 Redenaarswenners
    • Talita Vermaak, 2. Chantelle Ferreira, 3. Ruben Swart
  • Graad 9 Redenaarswenners
    • Martiné Degenaar, 2. Klarissa vd Merwe, 3. Reyn Reynecke
  • Graad 10 redenaarswenners:
    • 1 Stephan Vermaak, 2. Elné Worst, 3. Michané Bezuidenhout
  • Graad 11 redenaarswenners:
    • 1 Alexi Esterhuizen, 2. Maryke Schoeman, 3. Carla de Bruyn
  • Graad 12 redenaarswenners:
    • 1 Annay du Plessis, 2. Brenden Jacobs, 3. Brian Green

https://www.facebook.com/overkruin/posts/1535620309818598

BERGFIETS

  • Tydens Saterdag 10 Februarie se Suzuki Gauteng-Noord Fietsry XCO Liga #2 behaal Paul Koedooder ‘n 7de plek, Evan Prinsloo 5de en Zander Haarhoff 2de. Baie geluk! Gr. 8 bergfietsuitdunne vind Dinsdag 20 Februarie om 15:00 plaas.
  • Baie geluk aan  Liniq Langeveld wat gekies is vir die  SA Nasionale  Dames Yshokkiespan. Sy het in Desember 2017 aan die Wereld Yshokkiekampioenskap in Bulgarye deelgeneem.

https://www.facebook.com/overkruin/posts/1534513653262597

SWEM

 Ons swemmers het hulle goed van hul taak gekwyt by die vriendskaplike gala te St Mary’s DSG. Dogters was algeheel 6de en seuns 7de. Geluk ook aan Carmen de Clerck met ‘n mooi 2de plek in die individuele wisselslag, asook in die vlinderslag

https://www.facebook.com/overkruin/posts/1534508929929736

Tennis

Uitslae teen Pretoria High School for Girl. Overkruin verloor wedstryd 30-37.

SWEM GALA 8/2/18

  • Ons swemmers het hulle goed van hul taak gekwyt by die vriendskaplike gala te St Mary’s DSG. Dogters was algeheel 6de en seuns 7de.
  • Geluk ook aan Carmen de Clerck met n mooi 2de plek in die individuele medley asook in die vlinderslag.

ATLETIEK AFLOSBYEENKOMS 6/2/18

  • OVIES BLINK UIT OP ATLETIEKBAAN: Hoërskool Overkruin se aflosspanne het aan die Aflosbyeenkoms vir groot skole by TUKS deelgeneem en uitstekend gevaar.
  • Die o. 15-aflosspan eindig 2de en die o. 14-aflosspan 3de uit 28 deelnemende skole.
  • Ons sien met opgewondenheid uit na die Interhoër op 22 Februarie! #TrotsOverkruin#OviesinAksie

OVIES BLINK AKADEMIES UIT

  • HOëRSKOOL OVERKRUIN WORD TYDENS DISTRIKSPRYSUITDELING GEPRYS
  • Tydens die onlangse Tshwane-Noord distriksprysuitdeling i.v.m. 2017 se matriekuitslae ontvang Hoërskool Overkruin die volgende 3 toekennings:
    • 100% Slaagsyfer
    • Beste skool in die ‘City Cluster’
    • Beste prestasie (top skool) in die Tshwane-Noord distrik
  • Met haar gemiddeld van 95% lê Angelique van Rooyen 2de in die distrik en Alexander Carstens en Carmen Steyn lê gesamentlik 3de in die distrik met hulle gemiddeld van 93%.
  • Hoërskool Overkruin ontvang ook ‘n toekenning vir die beste prestasies in Wiskunde en Rekeningkunde in die distrik. Angelique van Rooyen behaal 295/300 vir haar Wiskundevraestel en Megan Jamieson 294/300 vir haar Rekeningkundevraestel.
  • Baie geluk aan hierdie leerders. Ons is trots op julle.
  • Hoërskool Overkruin – die skool op almal se lippe!
    #TrotsOverkruin#DieBesteOfNiks 

OVIE VAN DIE MAAND : Januarie SAGTEBAL

  • Nushka de Beer verteenwoordig die naweek Suid-Afrika se Nasionale span in kwalifiserende wedstryde vir die 2020 Olimpiese spele.
  • Dit is ‘n uitsonderlike prestasie aangesien sy net 16 jaar oud is. Baie geluk en sterkte Nushka!

ATLETIEK: TOP 15 ATLETIEK

  • Die Top 15-atletiekbyeenkoms het gister (7 FEBRUARIE 2018) by UJ plaasgevind – 47 skole neem deel. Hoërskool Overkruin se atlete behaal 5 eerste plekke. Baie geluk, ons is trots op julle!
  • Henrico Greyling – 400m Hekkies
  • Martiné Degenaar – 300m Hekkies
  • Carmen Britz – Hoogspring
  • Mizelle Wichmann – Verspring & Driesprong
  • #TrotsOverkruin#OviesinAksie 

OVIE-MOB

  • Die OvieMob se proewe is agter die rug en die spannetjie jongmense is reeds hard aan die oefen aan hulle nuwe danspassies.
  • Hulle eerste optrede vind gedurende Julie plaas – ons sien daarna uit om te aanskou waarmee hulle dié jaar vorendag gaan kom! 
  • #TrotsOverkruin#OviesinAksie 

OVIES BESOEK BELGIUM COLLEGE

Kaalfoto’s

  • Tieners wat kaal foto’s of “stout” foto’s van hulself op aandrang van vriende, meisies of kêrels neem, en dit op Whats App onder mekaar versprei, is besig om handuit te ruk in al die skole in die Sinoville-polisie se omgewing.
  • Die kinders is te naïef en glo dat die persoon wat die foto versoek, dit nie sal versprei nie. Daarenteen is dit eintlik vir die kinders ‘n speletjie om te sien oor hoeveel foto’s hulle kan versamel en versprei.
  • Ouers moet moeite doen om hul kinders se selfone gereeld sonder waarskuwing af te neem en na te gaan en te sorg dat hul kinders bewus is van die langtermyn vernietigende gevolge as sulke foto’s op sosiale media beland.
  • Wees bedag om ander gevaartekens dat jou kind dalk gespot of afgedreig word nadat hy of sy reeds so ‘n foto versprei het. Kyk uit vir ‘n veranderde gedrag, veral neerslagtigheid en woedeuitbarstings, asook self skending.
  • Ons ondervind die nuutste neiging is dat kinders hulle aan die onderkant of langs die kant van hul voete sny waar dit nie sigbaar is nie.

SWEM

  • Ons swemspan het Donderdag deelgeneem aan ‘n vriendskaplike gala by Pretoria High School for Girls. Geluk aan elke swemmer wat mooi presteer het en veral aan die O/16 seuns aflosspan wat besonder goed gevaar het.

OVIES GEE OM

  • Hoërskool Overkruin het hande gevat met buurskole om water vir die  droogte geteisterde gebiede in die Kaap in te samel.
  • Dit is ‘n twee weke projek en eindig op 9 Februarie. Bring gebottelde water na die skool.
  • Ons sal die water veilig bewaar tot en met die projek afgehandel word. By voorbaat dankie dat u die projek ondersteun.

Krieket Finsbury Superliga

  • Vereeniging Gimnasium teken 268/8 in 50 beurte aan.
  • Overkruin behaal ‘n totaal van 195/10 in 46.1 beurte.
  • Vereeniging Gim wen met 73 lopies.
  • Beste bouler: Adriaan Booysen 3 paaltjies vir 29 lopies in 8 beurte
  • Beste kolwers: Julian Otto 58 lopies, Wilhelm Dempers 46 lopies

GRAAD 12 OUERAAND

Krieket Finsbury Superliga: 21 JAN

  • Overkruin junior span boul Hoërskool Middelburg almal uit vir 236.
  • Overkruin teken 113/10 aan. Middelburg wen met 123 lopies.
  • Beste kolwer: Justin Mostert 33 lopies
  • Beste bouler: Justin Mostert 4 paaltjies vir 71 lopies
  •  Overkruin se senior krieketspan slaan ‘n totaal van 159/10 in 41 beurte teen Hoërskool Middelburg.
  • Middelburg slaag daarin om 161/4 aan te teken in 37 beurte.
  • Middelburg wen met 6 paaltjies
  • Beste kolwer: Jessy Mostert 36 lopies
  • Beste bouler: Pieter Senekal 2 paaltjies vir 24 lopies

KWAZUKI’S 2018 IN AKSIE / ACTION (1) 18 JAN

  • CLICK ON READ MORE LINK FOR MORE INFO – https://goo.gl/AjqVwj 
  • KLIK OP LEES MEER SKAKEL VIR MEER INFO – https://goo.gl/AjqVwj

Janett Stander blink uit met skaak 17 JAN

  • Sy het deelgeneem aan die Junior SA Kampionskap (onder 16 B dogter spanne) en moes teen die onder 16 A en die onder 20 spanne deelgeneem het omdat hulle te min B-spanne gehad het. Sy het 2.5 uit 5 rondtes gewen. Ons is baie trots op haar hieroor.

DRAMA AKADEMIE 17 JAN

  • Overkruin Drama Akademie se klasse vir Gr 9-12 begin op 22,23 en 24 Januarie en Gr 8 op 29,30 en 31 Januarie.
  • Skakel Gerda Wessels by 0833160015 vir meer inligting of stuur n e-pos na: gerdadrama@gmail.com.  Daar is nog plek vir nuwe leerders

 SWEMOEFENINGE 17 JAN

  • Swemoefeninge skop reeds af op Woensdag 17 Januarie.
  • Oefeninge vind plaas op Maandae, Dinsdae en Woensdae by Deon Malherbeswembad vanaf 15:30 – 17:30. Vanjaar se gala’s vind plaas op:
  • 1 Februarie by PHSG
  • 8 Februarie by St. Mary’s DSG
  • 15 Februarie by Affies Seuns.
  • Die Interhoër vind plaas op 19 Februarie by Hillcrestswembad. Ons sien uit na ‘n opwindende swemseisoen.

 OVIE VIBZ HEET OUD EN NUWE STUDENTE WELKOM 17 JAN

  • Gebruik die bronneskakel (KULTUUR – OVIE VIBZ) om die die nussbriewe te lees.
  • Please use the resources link (KULTUUR – OVIE VIBZ) to read the newsletter

OVIES – WEEREENS 100% (5/01/18)

  • Overkruin is weer toppresteerders en baie dankbaar vir ‘n 100% slaagsyfer.
  • Daar is 1 leerder met 8 A’s, 7 leerders met 7 A’s en 6 leerders met 6 A’s.
  • Ons het ‘n totaal van 203 Onderskeidings.
  • Die toppresteerders is Angelique van Rooyen (94,57%) Carmen Steyn en Alexander Carstens – albei se gemiddeld is 92, 71%.
  • Verder het 70,6 % van ons leerders Universiteitvrystelling.